Loch

'n Uitsig oor Loch Long, 'n see-inham
Ardcharnich aan Loch Broom

Loch (ˈlɒx of ˈlɒk) is die Skots-Gaeliese en Ierse term vir 'n meer of 'n inham van die see. In Ierland is die woord verengels tot lough, alhoewel die uitspraak onveranderd gebly het. Die term word soms ook op waterliggame toegepas wat andersins ook fjord (in Skotland dikwels firth genoem), riviermonding, seestraat of baai genoem sou word. Na see-inhamme word in Skotse en Ierse Engels dikwels verwys as sea lochs of sea loughs.

Loch is in taalkundige opsig verwant aan logh, 'n term uit Manx, en die verouderde Walliese term vir 'n meer, llwch.

Die grootste loch in terme van oppervlakte is Loch Lomond. Die diepste en grootste volgens volume water is Loch Ness.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search